Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Lamsribbetjie op ’n stok

(SOWAT 6 KEBABS)

  • 1 kg kort lamsribbetjies
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 ml gerookte paprika
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die beentjies van die ribbetjies af met ’n baie skerp mes. Meng olyfolie, suurlemoensap, knoffel en paprika saam in ’n bakkie. Gooi oor ontbeende ribbetjies en maak bak toe met kleefplastiek. Plaas ribbetjies in die yskas terwyl jy die vuur aan die gang kry. Die ribbetjies kan maklik vooraf vir 2 uur gemarineer word. Gebruik staal-kebabstokkies – hulle steek makliker deur die ribbetjie as houtstokkies. Plaas die kebabs op die kole wanneer hulle reg is (sien wenk, onder). Jy moet die vleis dophou, want die olyfolie sal op die kole drup en vlamme veroorsaak. Braai tot vleis lekker bros is.

Om te drink:

As jy van whiskey hou, sal jy Bains Cape Mountain Whisky by jou ribbetjie geniet. Vir wyndrinkers is ’n Sauvignon Blanc ideaal. Christina Van Loveren Sauvignon Blanc is goed, asook Overhex se Balance Winemaker’s Sauvignon Blanc.