Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Lamsteak met pesto-aartappels

(4 porsies)
Sit 700 g baba-aartappels in ’n kastrol en kook tot sag. Plaas 4 lamsteaks (sowat 500 g) in ’n bak en gooi 60 ml olyfolie, 30 ml balsemasyn, 2 fyngekapte knoffelhuisies, 5 ml Dijon-mosterd en 1 takkie vars roosmaryn, fyngekap, oor die steak. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit ’n riffelpan en braai steaks tot so gaar soos jy dit wil hê. Laat minstens 10 minute rus voor jy dit voorsit. Dreineer aartappels en halveer. Gooi 125 g basiliekruid-pesto oor en meng 40 g bronkors deur. Sit warm voor saam met steaks.