Resepte

Lamstjoppies met feta-kaas

4 porsies
Verhit oond tot 200 °C. Plaas 8 lamstjops in ’n bak en gooi 30 ml olyfolie en sap van 1 suurlemoen oor. Geur met sout en peper. Verhit sowat 30 ml olyfolie in ’n pan (wat jy in die oond kan sit) en braai tjops weerskante tot net bruin. Krummel 3 sirkels fetakaas en druk vas bo-op elke tjop. Plaas in oond en rooster verder vir sowat 15 minute. Sny ’n halwe komkommer en 1 rooi-ui in dun skywe. Sit voor saam met tjops.