Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Lamstjops gebak op soetpatats met kruie

(2 PORSIES)
30 MINUTE

  • 2 soetpatats, in ringe gesny
  • 2 takkies roosmaryn, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 4 lamstjops

Verhit oond tot 220 °C. Plaas soetpatats in roosterpan. Sprinkel roosmaryn, knoffel, uie, botter en olyfolie booor. Pak lamstjops bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en rooster vir 20 – 25 minute of tot lam goudbruin en gaar is. Sit warm voor. Jy kan die soetpatats vervang met babaaartappels.