Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Lamstjops met bone en fetakaas

Hierdie gereg het ek opgetower deur bestanddele waarvoor die Grieke lief is saam te voeg. Sit voor saam met suurlemoen-aartappels.
6 porsies

  • 100 ml olyfolie
  • 4 preie, in skywe gesny
  • 6 heel knoffelhuisies
  • 3 wortels, in klein blokkies gesny
  • 3 blikke botterbone, gedreineer en afgespoel
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 250 ml hoender-aftreksel
  • 10 ml droë origanum
  • 2 lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 lamstjops
  • sap van 1 suurlemoen
  • 400 g fetakaas, in stukke gebreek
  • 15 groot hand vol vars basiliekruidblare

Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi sowat 80 ml van die olyfolie in ’n groot oondroosterbak. Verhit die olie en braai die preie, knoffel en wortels daarin vir sowat 10 minute. Voeg die botterbone, tamaties, rooiwyn en hoender-aftreksel by. Geur met origanum, lourierblare, sout en swartpeper. Maak die bak toe met tinfoelie en bak vir sowat 45 minute. Sit intussen die tjops in ’n bak en gooi die res van die olyfolie en die suurlemoensap oor. Verhit ’n swaarboompan. Braai die tjops weerskante bruin. Geur met sout en swartpeper. Haal die groente ná 45 minute uit die oond en rangskik die tjops en fetakaas bo-op. Plaas terug in die oond vir sowat 20 minute. Sprinkel vars basiliekruidblare oor.