Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Lekkerste hotdogs

ʼn Maklike middagete vir bedrywige manne.

(4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 5 groot uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 bockwurst-worse
  • 4 hotdog-rolletjies
  • 100 g sterk cheddarkaas, gerasper
  • Dijon-mosterd

Verhit olyfolie in diep pan. Voeg uie en knoffel by. Braai oor lae hitte tot net sag. Maak pan toe met deksel en laat smoor tot sag. Maak oop en verhoog hitte. Braai tot bruin. Geur met sout en peper. Bring water tot kookpunt in ’n groot kastrol. Draai hitte heeltemal af en gooi worsies in. Laat staan sowat 10 minute tot worsies warm is. Sny rolletjies halfpad oop. Plaas gerasperde kaas in. Plaas twee worse bo-op en smeer worse met mosterd. Skep gebraaide uie bo-op en eet onmiddellik.

 

Maak sÓ hotdogworsies warm
Moenie die worsies in water kook nie, want hulle sal maklik oopbars. Kook eers net die water en trek dan die kastrol van die hitte af voor jy die worsies insit. Maak kastrol toemet ’n deksel en laat staan so 10 minute. Sit warm worsies in hotdogs.

  • Ineza

    That’s an ingenoius way of thinking about it.