Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Lemoenribbetjies met mango-tzatziki

Genoeg vir 6

• 1 x basiese varkribbetjie-resep (bl. 82)
• hand vol vars tiemie, fyngekap
• 250 ml suiwer lemoensap
• gerasperde skil van 2 lemoene mango-tzatziki
• 1 mango, geskil en in blokkies gesny
• 250 ml bulgaarse jogurt
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 1 brandrissie, fyngekap
• hand vol koljander, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die ribbetjies in die basiese marinade volgens resep op bl. 82, maar voeg tiemie, lemoensap en -skil by terwyl vleis kook. Verwyder vleis en kook sous af tot dit met 2/3 verminder het. Maak vuur se kole matig warm en plaas gekookte ribbetjies in toeklaprooster. Verf met afgekookte marinade. Braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros.
Tzatziki Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en meng goed saam. Geur met sout en peper. Sit voor saam met gaar ribbetjies.