sariek37
Resepte

Lendetjops op die been met aartappels en brusselse spruite

Vra jou slagter vir diésnit. Jy kan dit nie sommer in ’n supermark nie.

(4 – 6 porsies)

  • 1,8 kg lendetjops op die been
  • 15 ml korrelmosterd
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 ml vinkelsaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 medium-aartappels, in lengte gehalveer
  • 300 g vars Brusselse spruite

Sny dun kepies in die velgedeelte aan die bokant van die vleisstuk, so 1 cm uitmekaar. Jy kan jou slagter ook vra om dit te doen. Draai om en smeer die onderkant met mosterd en knoffel. Plaas in oondbraaibak, gesmeerde kant onder. Gooi suurlemoensap oor. Stamp vinkelsade fyner in vysel en vryf dit oor die bokant van snit. Geur met sout en peper. Plaas oop in oond en oondbraai 1 uur. Daar sal nou ’n bietjie van ’n sous om die vleis gevorm het. Pak die aartappels en Brusselse spruite om die vleis. Sit vir nog 1 uur in oond. Die spruite en aartappels sal nou sag wees. Sit voor met mosterdsous-resep wat volg.