Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Maalvleis op ’n stokkie

(4 porsies – 8 stokkies)
Meng 500 g maalvleis, 5 ml vars gerasperde gemmer, 2 fyngekapte knoffelhuisies, 2 ml fyngekapte groen brandrissie, 10 ml fyn koljander, 10 ml fyn komyn, 5 ml borrie, halwe rooi-ui, fyngekap, en ’n hand vol vars koljander, fyngekap. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan. Knyp ’n stukkie van die vleis af, braai dit en proe of die geur reg is. Verdeel vleis in 8 balle en druk vas om sosatiestokkies. Sprinkel sowat 30 ml olyfolie op ’n bakplaat en plaas stokkies met vleis bo-op. Laat rus in yskas vir sowat 30 minute. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Oondbraai vleis vir 45 minute tot gaar. Sit voor saam met pitabrode en tzatziki.