Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Maalvleis-taco’s

’n Heerlike herfsresep!

(4 porsies)

Verhit 15 ml olyfolie in diep pan. Braai 1fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies tot sag.Voeg 500 g maalvleis by en braai tot net bruin. Voeg 1 blikkie (400 g) gekapte tamaties en 1 gekapte brandrissie by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut sowat 45 minute. Verhit oond tot 180 °C. Plaas taco’s op ’n bakplaat en verhit volgens aanwysing op pak.Sny kropslaai in dun repe en plaas in taco’s. Skep maalvleis-vulsel bo-op. Rasper 100 g chedderkaas en sprinkel oor taco’s. Sit dadelik voor.