Foto deur Micky Hoyle

Resepte

My soort Cassoulet

Dis ’n tradisionele Franse gereg van die suide. Vir ’n oorspronklike cassoulet het jy minstens3 dae nodig. My weergawe is nie naastensby soos die oorspronklike een nie, maar dis steeds lekker

(6 – 8 porsies)

  • 30 – 40 ml olyfolie
  • 8 varkworsies
  • 4 gerookte, ontbeende varkrepe, in 4 cm-blokke gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 selderystok, in skywe gesny
  • 1 groot wortel, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 3 blikke cannellini-bone, gedreineer
  • 250 ml witwyn
  • 250 ml groenteaftreksel
  • 3 takkies tiemie
  • 2 lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 150 g broodkrummels

Verhit oond tot 180 ºC. Gooi olyfolie in ’n oondkastrol en verhit op stoofplaat. Braai varkworsies tot net bruin – hulle hoef nie gaar in die middel te wees. Haal uit en halveer. Hou eenkant. Braai gerookte varkrepe tot bruin en bros. Haal uit en hou eenkant. Plaas ui, seldery, wortel en knoffel in dieselfde kastrol. Braai tot sag. Plaas vleis terug in kastrol en voeg tamaties, bone, wyn en aftreksel by. Voeg tiemie en lourierblare by. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en laat prut vir 20 minute. Haal van hitte af en sprinkel broodkrummels boop. Sit kastrol in oond en bak vir 1 uur.