Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Ontbeende lamsboud in ’n sakkie

Die marinade gee die lamsboud ’n heerlike Mediterreense smaak. Dit kan ook goed werk met hoender.
Genoeg vir 4 – 6

• 125 ml Bulgaarse jogurt
• hand vol vars koljander, gekap
• 25 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 10 ml gerookte paprika
• 10 ml fyn komyn
• 4 ml sout
• varsgemaalde swartpeper
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 1 ontbeende lamsboud van sowat 2 kg

Meng jogurt, koljander, olyfolie, knoffel, paprika, komyn, sout, peper en suurlemoenskil saam in ’n mengbak. Plaas oopgevlekte lamsboud in baksakkie. Gooi marinade oor en maak seker die lamsboud is goed bedek. Druk alle lug uit baksakkie en maak styf toe. Plaas in yskas en marineer oornag. Verhit oond tot 200 °C. Plaas baksakkie op bakplaat en prik sakkie met vurk. Plaas in oond en oondbraai 1½ uur. Knip sakkie oop en haal lamsboud uit. Plaas in oondbraaibak en gooi marinade oor. Plaas terug in oond en oondbraai nog 10 – 15 minute. Sit voor met groenslaai.