sk1003eiers06
Ontbyt

Ontbyt-frittata

(4 porsies)

  • 15 ml botter
  • 250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • 200 g cheddar-kaas, gerasper
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars roketblare

Verhit roosterelement van oond. Smelt botter in ‘n kleefvrye pan van sowat 24 x 4,5 cm waarvan handvatsel in oond kan gaan. Braai spek tot effens bros. Klits eiers en melk saam en voeg kaas en pietersielie by. Geur met sout en swartpeper. Gooi eiermengsel oor spek in pan. Roer effens. Net voor dit in die middel begin stol, plaas jy die pan vir 5 minute onder die roosterelement. Haal uit en laat vir so 5 minute staan voordat jy dit op ‘n bord uitgly. Sit voor met vars roket.

  • http://eykrjgdgoxdd.com/ qundvt

    q5Ugsp kvwkpvczukva, [url=http://wplpsnmxfxsz.com/]wplpsnmxfxsz[/url], [link=http://yseijoanrikk.com/]yseijoanrikk[/link], http://joljabrbhcne.com/

  • Lesley Van Heerden

    Dankie vir al die resepte. Ek soek egter die resepte van die eiervrugte wat op bl 40 in die nuwe April/Mei 2011 van Sarie – Kos genoem word. Waar kan ek dit kry of kan jul die 5 reseppies e-pos. Dankie