Ontbyt

Ontbyt-Omelet

(2 – 4 porsies)

  • 1 pakkie (375 g) enterprise Traditional Country Sausages
  • 15 ml olyfolie
  • 150 g sampioene, in skywe gesny
  • 5 eiers
  • 50 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml botter
  • 50 g cheddarkaas, gerasper
  • 200 g rosa-tamaties, gehalveer

Verhit jou oond tot 180 °C. Sny elke worsie in 3 drie stukke. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die worsies en sampioene saam vir so 5 minute. Hou eenkant. Klits die eiers, melk, sout en swartpeper saam. Smelt die botter in ’n pan en giet die eiermengsel daarin. Bak dit vir so 2 minute (jy kan effens roer) en strooi dan die cheddarkaas oor. Strooi die worsies, sampioene en tamaties bo-oor. Plaas die pan in die warm oond en bak vir so 8 minute tot die eier gestol het. Bedien onmiddellik.