Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Oondgebakte varkworsies op kapokaartappels

(6 porsies)

30 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml koekmeel
  • 300 ml beesaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 varkworsies (bangers)
  • 30 ml roosmaryn, fyngekap
  • 6 aartappels, geskil en in growwe stukke gesny
  • 125 ml room
  • 80 ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in middelslag-braaipan tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot begin verkleur. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel by en klits met draadklitser tot gladde mengsel. Laat stadig prut tot dik bruin sous. Verwyder van hitte. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas varkworsies en roosmaryn in oondvaste bak, plaas in warm oond en rooster tot goudbruin en gaar, sowat 15 minute. Terwyl worsies bak, kook aartappels in groot pot water tot gaar en sag. Dreineer en voeg room en botter by. Gebruik ‘n aartappeldrukker en druk tot gladde, romerige kapokaartappels. Geur goed met sout en swartpeper. Sit gaar worsies voor op aartappels met bruin sous.