Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Oondgebraaide lamskenkels

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 lamskenkels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 groot wortels, in lang repe gesny
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 1 blik (400 g) heel tamaties

Verhit oond tot 180 °C. Gooi olyfolie in diep oondbraaibak. Sit skenkels in en geur met sout en peper. Oondbraai 1 uur tot bruin. Plaas res van bestanddele in oondbak. Maak toe met tinfoelie en plaas terug in oond. Oondbraai nog 1 uur. Haal tinfoelie af en oondbraai nog 1 uur of tot vleis heeltemal sag is en byna van been afval.