sr1306koshoof_6_
Resepte

Oondgebraaide prima-rib

(genoeg vir 8 – 10)

  • 3 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 ansjovisfilette
  • skil en sap van 1 suurlemoen
  • 50 ml olyfolie
  • 45 ml korrelmosterd
  • 1 groot prima-rib (die een op diefoto weeg sowat 4,5 kg)

Verhit oond tot 200 °C. Plaas roosmaryn, knoffel, ansjovis, skil en sap van suurlemoen in voedselverwerker en verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel.Smeer mengsel oor die vetrand van die rib. Plaas in oondroosterbak in warm oond.  Oondbraai vir 1 uur 30 minute of tot buiterand goudbruin is. Laat rus vir 15 minute en sit voor.