Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Oondgebraaide primarib

Hierdie vleissnit moet jy vroegtydig by ʼn slagter bestel. Dis heerlik en sal gewis jou gaste beïndruk.
(genoeg vir 8)

  • 1 x 20 g-pakkie vars tiemie
  • 2 rooi brandrissies
  • 30 ml gekapte knoffel
  • 30 ml suurlemoensap
  • 30 ml olyfolie
  • 3,9 kg bees-primarib
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie
  • 400 g preie

Verhit oond tot 240 °C. Verwyder die blaartjies van die tiemietakkies. Plaas tiemieblaartjies, brandrissies, knoffel, suurlemoensap en olyfolie in ’n voedselverwerker. Verpulp tot pasta. As jy nie ’n voedselverwerker het nie, kan jy die bestanddele in ’n stamper en vysel kap tot ’n pasta vorm. Sny lang kepe in vetgedeelte van die vleis. Bind die vetgedeelte met tou om die snit vas sodat dit vorm behou en die vetgedeelte nie van die vleis wegkrimp nie. Smeer die tiemiepasta oor die hele snit. Geur met sout en peper. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n oondbraaibak en sit vleissnit in. Plaas vir 15 minute in warm oond, en draai dan temperatuur af na 180 °C. Oondbraai so lank soos verkies – sien kassie vir oondbraaitye. Sowat ’n halfuur voor die vleis uit die oond gehaal word, plaas preie ook in die bak. oondbraai tot preie sag is en haal uit oond.

Oondbraaitye
Halfrou – 15 – 20 minute vir elke 500 g plus ’n addisionele 15 minute
Medium – 20 – 25 minute vir elke 500 g plus ’n addisionele 20 minute

Wat jy moet weet

  • Haal die vleis so 3 uur voor jy dit gaarmaak uit die yskas. Dis beter om vleis by kamertemperatuur te oondbraai, want dan is dit sappiger.
  • Wanneer jy die vleis uit die oond haal, moet jy dit so 15 minute laat rus voor jy dit voorsit. Maak toe met tinfoelie sodat dit nie koud word nie.
  • Sny die toutjies af voor jy dit voorsit saam met die preie.