Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Kos

Oondgebraaide varkblad met jong knoffel

Maak vanjaar se Kersmaal anders met ontbeende varkblad pleks van geglasuurde ham. Dis heerlik saam met soetsuur mosterdsous. Vra jou slagter om die vel van die varkblad te verwyder, maar die vetgedeelte bo-op te hou.

• sowat 100 ml olyfolie
• 2 ontbeende varkblaaie, sowat 1 kg elk
• 15 ml vinkelsaad
• sap van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 8 jong knoffelknolle

Verhit oond tot 180 °C. Gooi helfte van olyfolie in ’n oondbraaibak. Plaas die varkblaaie in die bak. Sny kepe net-net deur die vetgedeelte van die vleis. Vryf vinkelsaad bo-op en gooi suurlemoensap oor. Geur vleis met sout en peper. Pak knoffelknolle om vleis en sprinkel res van olyfolie bo-oor knoffel en vleis. Oondbraai 11⁄2 uur in warm oond. Haal uit oond en laat rus sowat 10 minute voor jy dit voorsit