Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Oondgebraaide varklende met roosmaryn

Varkvleis kan baie droog wees. Maak dit by ’n lae temperatuur gaar om te verseker dat dit sappig bly.

Genoeg vir 10
• 3,5 kg varklende
• 60 – 80 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 3 – 4 lang takke vars roosmaryn

Verhit oond tot 180 °C. Plaas vleis met velkant na onder in groot oondbraaibak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor die vleisgedeelte van die snit. Smeer knoffel oor en geur met sout en peper. Draai vleis om met velgedeelte na bo. Plaas in oond en oondbraai 40 minute. Verlaag temperatuur van oond tot 140 °C. Oondbraai nog 2 uur. Haal vleis uit en laat rus so 10 minute. Plaas roosmaryn bo-op velgedeelte en bind vas met tou. Plaas terug in die oond vir 15 minute. Haal uit en laat vleis 10 minute rus voor jy dit sny.