Foto deur Micky Hoyle & Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Oondgeroosterde varkworsies

6 porsies

  • 18 varkworsies
  • sowat 80 ml sonneblomolie

Omdat die worsies so lank in die oond is, voorverhit jou oond tot 160 °C. Gooi die sonneblomolie in ‘n groot oondroosterpan. Sny die worsies met ‘n skêr los van mekaar en pak hulle in die pan. Draai elke worsie om sodat hulle met die olie bedek word. Sit hulle nou in die oond. Draai die worsies ná so 45 minute vir die eerste keer om. Gebruik ‘n tang en nie ‘n vurk nie – jy wil nie gate in die worsies steek nie, want die sap sal ontsnap. Draai die worsies daarna so elke nou en dan om. Bedien saam met kapokaartappels en gebraaide uie.