Lee Malan

Kos

Oop mascarpone-lasagne met aspersies en ham

‘n Lekker anderste manier om lasagnevelle te gebruik.
Genoeg vir 2
Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 250 g lasagne-velle, volgens aanwysings op pak gekook tot sag
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 100 g strepiespek (streaky), in blokkies gesny
  • 320 g vars aspersies, opgesny in stukke van sowat 2 cm
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 1 suurlemoen se sap
  • paar takkies tiemie
  • 20 g gerasperde parmesaankaas
  • 100 ml semisoet witwyn
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Verhit olyfolie in ‘n pan en braai ui en spek vir sowat 10 minute. Voeg aspersies by en braai tot byna sag. Voeg mascarpone-kaas, suurlemoensap, tiemie, parmesaankaas en witwyn by. Meng goed deur en bring tot kookpunt. Draai hitte af en pak afwisselende lae van heel lasagnevelle en sous op ’n opdienbord. Geur met sout en peper. Sit dadelik voor.