Enterprise Promosie

Enterprise Promosie

Resepte

Oop vleisbroodjie met tuisgemaakte biermosterd

genoeg vir 12

• 125 ml geel mosterdsaadjies
• 375 ml asyn
• 500 ml bier
• 75 ml heuning
• 125 ml donker bruinsuiker
• 10 ml sout
• 2 ml borrie
• 250 ml droë mosterdpoeier
• 6 broodrolletjies van jou keuse
• botterombroodjies te smeer
• 100 g roketblare
• 1 x 100 g-pak Enterprise Chef’s Cut Slow Cooked Thickly Sliced beef Silverside
• 4 tamaties, in ringe gesny

Meng mosterdsaadjies, asyn en helfte van bier in middelslag-mengbak. Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in yskas. Gebruik ’n skoon pot en meng oorblywende bier met heuning, suiker, sout en borrie. Bring tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi in ’n menger.
Verpulp by hoë spoed. Laat afkoel. Voeg droë mosterdpoeier en mosterd-en-biermengsel by. Verpulp by hoë spoed tot glad. Skep in skoon flesse wat gesteriliseer is en verseël goed om te bêre. Of maak broodjies: Sny broodrolletjies middeldeur en smeer met botter. Verdeel roket tussen broodjies, gevolg deur paar skywe koue vleis. Skep tamaties bo-op en skep mosterd oor. Sit voor.