FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Pasta met chorizowors en botterskorsie

1 – 2 porsies
30 minute

• 200 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
• 45 ml olyfolie
• 45 ml botter
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• 100 g chorizowors, in ringe gesny
• 15 ml origanum
• 1 hand vol basilie
• 125 ml room
• 150 g linguine, gaargemaak volgens instruksies op pak
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas botterskorsie op skoon bakplaat en sprinkel olyfolie bo-oor. Rooster in warm oond vir 15 – 20 minute of tot sag en gaar. Terwyl botterskorsie rooster, verhit jy die botter tot warm in ’n medium-groot pan. Voeg knoffel, uie en wors by. Braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg origanum, basilie en room by. Verlaag hitte en laat prut vir 5 minute. Voeg botterskorsie by. Geur goed met sout en swartpeper. Kook pasta en dreineer. Roer gaar pasta by die botterskorsiemengsel en sit voor.