Pasta

Penne met chorizo-en-tamatie

4 porsies
Verhit 30 ml olyfolie in ’n diep pan. Voeg 500 g gesnyde chorizo-wors by en braai vir sowat 5 minute. Voeg 400 g klein rosa-tamaties, 2 fyngekapte knoffelhuisies en 200 g ontpitte swart olywe by en braai verder vir nog 10 minute. Geur met sout en peper. Kook 500 g penne volgens aanwysings op pak. Dreineer en roer sous en ’n handvol geskeurde basiliekruidblare deur. Sit dadelik voor.