FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Pasta

Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen

(4 – 6 porsies)

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 3 knoffelhuisies, gekap
• 300 g chorizowors, in ringe gesny
• 250 g bruin sampioene, gehalveer
• 24 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak
• 1 hand vol origanum, gekap
• 250 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 g penne-pasta

Verhit olyfolie tot warm in ’n medium-groot pan. Voeg uie en knoffel by. Braai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg chorizo by en braai nog 5 minute. Voeg sampioene by en braai verder vir 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg garnale en origanum by. Braai vir 5 minute of tot garnale begin verbruin. Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 – 8minute of tot dik roomsous vorm. Geur goed met sout en swartpeper. Terwyl sous prut, maak jy die pasta gaar volgens die instruksies op die pak. Dreineer. Roer by warm pastasous en sit warm voor.