Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Ontbyt

Pesto-Omelet met Ham en Kaas

Klits 6 eiers, 100 ml room en 120 ml roketpesto goed saam. Verhit olyfolie en bietjie botter in kleefvrye pan. Gooi 1/4 van eiermengsel in pan, genoeg vir 1 omelet. Bak paar minute tot net begin stol, en plaas dan onder verhitte roosterelement tot gepof. Sit 2 snye sigeunerham (gypsy) en 2 snye taleggio-kaas (of ander kaas) op een helfte van omelet, vou toe met ander helfte en weer in helfte. Sit voor met roosterbrood.