Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Kosstories

Piesang-en-spekwarmbrak

Resep deur Bertus Basson

  • 8 – 10 piesangs
  • 50 g versiersuiker
  • 5 g fyngemaalde kaneel
  • 70 g witsuiker
  • 200 g strepiespek (streaky)
  • worsie en broodjie van jou keuse
  • 30 g gerasperde parmesaankaas

 

  • Sny een piesang in dun skyfies en pak op ’n gevoerde bakplaat. Strooi heelwat versiersuiker oor en laat omtrent 40 minute in die oond teen 50 °C om uit te droog.
  • Sit vyf piesangs in ’n kastrol met die kaneel en 50 g van die witsuiker en bedek met water. Laat die piesangs 10 minute prut en verpulp in voedselverwerker tot glad. Verhit die oond tot 200 °C. Sit die spek tussen twee bakplate vir omtrent 10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer die vet op kombuispapier.
  • Sny res van piesangs in dik skywe en braai in ’n baie warm pan met ’n bietjie olie. Wanneer goudbruin, voeg res van witsuiker by en laat dit karamelliseer.

Samestelling
Sit worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie. Sit al die piesangvariasies bo-op, dan die bros spek en besprinkel laastens met parmesaankaas.