Resepte

Poulet basquaise

(4 porsies)

  • 4 e olyfolie
  • 175 g gerookte ham of spek, in brokkies gesny
  • 4 groot hoenderporsies
  • 4 uie, in brokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groen soetrissies, ontpit en in brokkies gesny
  • vars marjoleinblare (of tiemie)
  • 425 g vars tamaties, geskil (of in ‘n blik)
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • vars pietersielie, gekap
  • sout en peper

Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol. Braai ham oor lae hitte, al roerend, tot dit begin bruin word. Verwyder die ham met ‘n gaatjieslepel en hou warm. Plaas hoender in die kastrol en braai eweredig goudbruin – draai porsies nou en dan om. Verwyder met ‘n gaatjieslepel en hou warm. Braai uie en knoffel tot sag en goudkleurig in die kastrol. Voeg soetrissies en ‘n hand vol marjoleinblare by en kook saggies vir 10 minute. Voeg tamaties en die hoenderaftreksel by. (As jy geblikte tamaties in ‘n sous gebruik, behoort 150 ml aftreksel genoeg te wees.) Geur met
sout en peper. Plaas hoender en ham terug in die kastrol, sit deksel op en kook rustig vir sowat 40 minute, tot die hoender gaar en sag is. Verwyder die hoenderporsies en rangskik in ‘n vlak skottel. Kook sous tot dit lekker dik en klewerig word. Skink sous oor hoender, besprinkel met pietersielie, en sit voor saam met rys van die Camargue (of goeie plaaslike rys). En soos met die meeste souserige Franse disse, kan jy gerus ‘n baguette byderhand hou sodat elkeen aan tafel ‘n stuk kan afbreek om sy bord skoon te vee.