Resepte

Preie toegedraai in ham

4 porsies

  • 16 preie
  • 8 snye ham
  • 60 g (60 ml) botter
  • 35 g (60 ml) koekmeel
  • 500 ml melk
  • 100 g gerasperde pecorino-kaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Bring ’n kastrol water tot kookpunt en kook preie vir sowat 10 minute. Dreineer en laat effens afkoel. Draai preie twee-twee toe in ham. Plaas toegerolde preie in ’n oondbak. Smelt botter in ’n kastrol en voeg meel by. Meng goed tot ’n gladde pasta. Voeg melk bietjies-bietjies by en hou aan roer om klonte te keer. Kook sous tot dik terwyl jy aanhoudend roer. Voeg helfte van kaas by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Gooi sous oor preie. Sprinkel res van gerasperde kaas oor en bak vir sowat 20 minute totdat kaas bo-op gesmelt is.