Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

‘Pulled pork’ op broodrolletjies

(8 – 10 PORSIES)

  • 1,2 kg varkboud
  • sap van 4 suurlemoene (vul aan met lemoensap tot 500 ml)
  • 200 ml lemoensap
  • 2 ml karwysaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 140 °C. Sit die varkboud in ’n groot kastrol. Gooi die sappe en karwysaad oor. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en plaas in oond vir minstens 8 uur. Hoe sagter die vleis, hoe makliker sal jy dit van die been kan aftrek. Draai vleis elke nou en dan om. As dit vir jou droog begin lyk, kan jy net ’n klein bietjie water byvoeg. Wanneer die vleis baie sag is, verwyder die vel en van die vet. Gebruik twee vurke en vlok die vleis uitmekaar. Daar is nou verskillende maniere hoe jy jou broodjies kan voorsit.

Opsie 1: Skep van die warm vleis op een helfte van ’n rolletjie en sit ’n sny emmentaler-kaas en skyfies agurkie bo-op. Sit voor saam met Dijon-mosterd.

Opsie 2: Meng ’n bietjie Dijon-mosterd met romerige mayonnaise. Smeer op een helfte van ’n broodrolletjie. Skep warm vleis op. Sit ’n sny emmentaler-kaas, agurkieskyfies en ’n sny ham bo-op. Jy kan die rolletjies net so eet of in ’n toeklap-broodrooster rooster tot die kaas smelt. Dit word dan ’n Kubaanse broodjie genoem. Heerlik!