Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Romerige roereier met spek

(4 – 6 porsies)

20 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek
  • 6 snye brood van jou keuse
  • 8 eiers
  • 100 ml melk
  • 45 ml botter
  • 100 g bronkors
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie tot warm in ‘n middelslag-braaipan. Voeg spek by en braai tot goudbruin en bros. Braai broodsnye in dieselfde pan tot alkant goudbruin en bros, sowat 2 minute per kant. Meng eiers en melk saam tot gladde mengsel. Smelt botter in skoon braaipan en voeg eiermengsel by. Gebruik eierspaan en roerbraai eiers tot romerig en gaar, sowat 5 – 8 minute. Verdeel gaar spek tussen gebraaide brood gevolg deur gaar eier en bronkors. Geur goed met sout en swartpeper.