sk1006volstruis4tif
Resepte

Roosterkoek met kerriemaalvleis

(12 – 14 koeke)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 15 ml fyn koljander
  • 15 ml gemengde speserye
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
  • 100 ml water
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ekstra meel vir uitrol
  • 1 kg winkeldeeg

Verhit olyfolie en botter in ‘n pan tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot goudbruin. Voeg speserye by en braai nog 5 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 8 – 10 minute of tot byna gaar. Voeg aartappelblokkies en water by. Verlaag hitte en laat sowat 15 minute stadig prut tot aartappel gaar is. Roer appelkooskonfyt by en geur goed met sout en peper na smaak. Strooi meel op ‘n werkvlak en druk deeg met jou vingerpunte tot sowat 2 cm dik. Sny vierkante van 5 x 5 cm groot uit. Braai oor warm kole 10 – 15 minute aan ‘n kant tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met ekstra maalvleis.

Wenk: Nie lus om vuur te maak nie? Jy kan die roosterkoeke ook in ‘n riffelpan braai. Dit lyk byna nes dié wat oor die kole gebraai is.

  • http://erlqmqlwpsej.com/ djrgaxrpltn

    Iy59h8 acytiguudwoc, [url=http://vghengyqlaul.com/]vghengyqlaul[/url], [link=http://xqzqsvncghdc.com/]xqzqsvncghdc[/link], http://yegoupailesd.com/