Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Schnitzels

(4 porsies)

  • 4 varkschnitzels van sowat
  • 400 g elk
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • 200 g broodkrummels
  • 4 vars salieblare, fyngekap
  • olyfolie om schnitzels in te braai Sit voor Saam met
  • ansjovisfilette
  • kappertjiesaad
  • vars lemmetjies of suurlemoene

Geur schnitzels met sout en peper. Plaas meel in ’n plat bak. Sit geklitste eiers in nog ’n plat bak. Meng broodkrummels met fyngekapte salieblare. Bedek schnitzels eers goed met meel. Skud oortollige meel af. Doop dan in geklitste eier en bedek baie goed met broodkrummels. Plaas schnitzels op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Sit in yskas vir minstens 30 minute voor jy dit braai. Verhit olyfolie in groot pan en braai schnitzels weerskante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Die vleisnitte is dun, dit sal nie lank neem nie. Rangskik ansjovis bo-op en sprinkel kappertjiesaad oor. Sit voor met lemmetjies of suurlemoene.

Sit voor saam met

  • ansjovisfillet
  • kappertjiesaad
  • vars lemmetjies of suurlemoene