sr1303_hoofkos_2_
Resepte

Sirloin aan die been met parys-botter

genoeg vir 4

• 400 g sagte botter
• 6 ansjovisfilette
• 6 takkies roosmaryn, grofgekap
• 4 knoffelhuisies, grofgekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 80 ml olyfolie
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 4 groot sirloinsteaks (vra jou slagter om die been aan te los)

Plaas botter, ansjovis, roosmaryn en knoffel in voedselverwerker. Meng op matige spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper en meng weer. Skep botter op kleefplastiek en vou toe. Rol in lang wors en hou in yskas. Meng olyfolie, sap en skil van suurlemoene. Geur met sout en peper. Gooi oor steaks. Verhit riffelpan tot baie warm – die rook moet letterlik daaruit trek. Braai steaks sowat 5 minute per kant vir mediumgaar. Skep met die omdraaislag ’n lepel vol botter op die steaks. Haal steaks uit warm pan en laat rus vir 3 minute. Skep nog botter op en sit voor.

Wenk
Dis belangrik om die steaks te laat rus voor jy dit voorsit. Dit verseker dat die vleis sappig is en nie taai nie.