Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Pasta

Skenkelbredie-pasta

Maak jou bredie stadig gaar – dit verg nie moeite nie, net geduld, en die eindproduk is onvergeetlik.
Genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 2 uie, fyngekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 500 g kort skenkels
• 1 x 410 g-blik kersietamaties
• 2 takkies roosmaryn, gekap
• 250 ml rooiwyn
• 500 ml beesaftreksel
• 2 lourierblare
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 brandrissies, fyngekap
• 400 g-pak glutenvrye pasta van jou keuse

Verhit oond tot 160 °C. Gooi olyfolie in ’n groot oondvaste pot. Verhit tot warm op stoofplaat en roerbraai uie en knoffel 2 minute. Voeg skenkels by en braai 9 – 10 minute of tot lekker goudbruin. Gooi tamaties, roosmaryn, wyn, aftreksel en lourierblare by. Bring tot kookpunt. Geur goed met sout en peper. Maak pot toe en plaas in oond vir 3 – 4 uur of tot vleis van bene afval en ’n lekker dik sous gevorm het. Verwyder uit oond en roer brandrissies by. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng deur gaar vleis en sit voor met vars basiliekruidblare.