FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Resepte

Sondagmiddag-lamsboud

6 porsies

• 1 lamsboud (sowat 2 kg)
• 60 ml olyfolie
• sap van 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 6 – 8 groot aartappels, geskil

Verhit oond tot 140 °C. Plaas boud in oondroosterbak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Geur met sout en peper. Smeer sommer met jou hande die knoffel oor die vleis. Plaas dit in ’n warm oond – moenie met tinfoelie toemaak nie. Rooster vir 6 uur teen dié temperatuur. Verhoog dan die temperatuur tot 160 °C en pak die aartappels rondom die vleis. Draai die aartappels om sodat dit mooi bedek word
met die vleissappe. Braai vir 2 ure verder, maar maak seker jy draai die aartappels ná ’n uur om. As dit vir jou lyk of dit ‘n bietjie droog begin word, kan jy ’n klein bietjie water of selfs ‘n titsel witwyn byvoeg.

Om te drink: Rooiwyn met ‘n cabernet sauvignonbasis is die ideale metgesel vir jou lam, veral as dit stadig gaargemaak word. Probeer gerus Steenberg se Catharina, wat cabernet sauvignon, merlot en cabernet franc bevat. Nóg ’n lekker pasmaat is Durbanville Hills se Cabernet Sauvignon, pas bekendgestel. Ryp pruim- en swartkersiegeure is onoortreflik by lam.