Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Soutvleis met sodabrood

Sit die soutvleis warm voor saam met ʼn varsgebakte brood- almal sal vra vir nog.

(4 – 6 porsies)

  • 2 kg soutvleis
  • 1 wortel, groot stukke gesny
  • 1 ui
  • 1 lourierblaar
  • 6 peperkorrels

Plaas soutvleis in groot kastrol. Bedek met koue water en voeg wortel, ui, lourierblaar en peperkorrels by. Maak toe met deksel en bring tot kookpunt. Laat prut 1 uur. Haal uit en sny in skywe.