Pasta

Spaghetti carbonara

4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 250 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny
  • 125 ml room
  • 50 g parmesaan-kaas, gerasper
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • 5 eiergele, geklits
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g spaghetti

Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai spek tot baie bros. Voeg room by en laat room warm word. Meng twee kase in ‘n aparte bak met eiergele. Geur met swartpeper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng warm room-en-spek deur pasta en voeg eiergeel-enkaasmengsel by. Meng goed deur en sit onmiddellik voor.