6 uur tuis, eet half 7

Spaghetti-carbonara

(20 minute – 4 porsies)

  • 500 g spaghetti
  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g repiespek, in klein blokkies gesny
  • 4 eiers
  • 250 ml room
  • 50 g pecorinokaas, fyngerasper
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Bring water in ’n groot kastrol tot kookpunt en kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui, knoffel en spek vir sowat 7 minute. Klits die eiers, room en die meeste van die kaas saam in ’n aparte bak. Geur met peper. Dreineer die spaghetti wanneer dit gaar is. Gooi dit in ’n groot warmgemaakte opdienskottel en voeg die spekmengsel en die eiermengsel by. Meng goed en besprinkel met die res van die kaas.