Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Spek-en-tamatiebroodjie met kropslaai

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 250 g strepiespek op ’n bakplaat en oondbraai tot bros. Rooster 8 snye witbrood. Breek kropslaai in stukke en plaas bo-op 4 snye roosterbrood. Sny 3 tamaties in skywe, geur met sout en varsgemaalde swartpeper en sit bo-op kropslaai.Skep 15 ml romerige mayonnaise op elke broodjie. Sit spek bo-op en maak toe met ander 4 snye roosterbrood.