Resepte

Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

(6 porsies)

  • 6 lamskenkels, ontbeen (vra jou slagter)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 g droë gemengde kruie
  • 18 x 10 cm-lang kombuistou-stukke
  • 90 ml koekmeel
  • olyfolie
  • lamsvleis-aftreksel (sien onder)

Geur vleis met sout en swartpeper. Sprinkel gemengde kruie oor. Rol skenkels in silindervorms en bind vas met kombuistou (3 stukke elk). Rol in meel. Verhit olyfolie in groot pan. Skroei skenkels tot bruin reg rondom. Plaas in groot kastrol en bedek met aftreksel. Smoor vir so 3 uur.

Lamsvleis-aftreksel

  • 6 lamskenkel-bene
  • 50 g uie, grofgekap
  • 50 g wortels, grofgekap
  • 50 g seldery, in groot skywe gesny
  • 50 g preie, in groot skywe gesny
  • 30 g tamatiepasta
  • 20 ml droë roosmaryn
  • 3 liter water

Verhit oond tot 180 °C. Plaas bene in oondroosterbak en rooster tot bruin. Verhit ‘n groot kastrol. Braai uie, wortels, seldery en preie tot bruin. Voeg tamatiepasta en roosmaryn by en braai vir nog 2 minute. Voeg verbruinde bene en water by. Bring tot kookpunt, draai hitte af en laat prut vir 3 – 4 ure. Syg die aftreksel deur en gebruik soos nodig.