6 uur tuis, eet half 7

Steak-broodjie

4 porsies

• 4 kitsskyf-steaks (minute steaks)
• 20 ml olyfolie
• 30 ml Worcestersous
• 10 ml suurlemoensap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 4 tamaties, elk in 2 dik skywe gesny
• 120 ml romerige mayonnaise
• 20 ml korrelmosterd
• slaaiblare van jou keuse
• 8 snye wit brood van jou keuse, gerooster

Plaas steaks in ‘n bak. Gooi olyfolie, Worcestersous en suurlemoensap oor. Geur met sout en swartpeper. Vryf alles goed om die steaks. Verhit ‘n riffelpan. Braai steaks vir sowat 3 minute aan elke kant. Haal uit en hou eenkant warm. Braai tamatieskywe vir sowat 3 minute aan elke kant. Geur met sout en swartpeper. Meng mayonnaise en mosterd. Plaas slaaiblare bo-op 4 snye roosterbrood. Plaas ‘n steak op elkeen en smeer van die mayonnaisemengsel oor. Plaas twee stukke tamatie bo-op en maak elke sny toe met nog ‘n sny roosterbrood.