FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Steak met tjips en eier

(4 porsies)

  • 45 ml tiemie, gekap
  • 45 ml origanum, gekap
  • 45 ml roosmaryn, gekap
  • 200 g botter
  • 90 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 4 lendeskywe (sirloin) (of enige snit van jou keuse)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 1 kg-sak oondbakaartappelskyfies
  • 4 eiers

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng kruie en botter en sit eenkant. Meng 45 ml olyfolie, sap en skil van suurlemoen. Gooi oor steak en bedek albei kante. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit riffelpan tot vuurwarm en braai steak sowat 5 – 6 minut per kant vir mediumgaar of langer soos jy verkies. Bak tjips in oond volgens aanwysings op pak. Verhit res van olyfolie tot warm in ‘n middelslag-pan. Breek eiers in pan en braai vir sowat 2 minute vir sag of langer soos jy verkies. Skep kruiebotter op warm steak en sit voor saam met eier en tjips.

Jy kan die eier vervang met verouderde cheddarkaas.