6 uur tuis, eet half 7

Steakbroodjie met kruiejogurt

(4 – 6 porsies)

  • 8 snye brood van jou keuse
  • 60 ml sagte botter
  • 45 ml olyfolie
  • 8 een-minuut-steaks
  • 250 ml jogurt
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 15 ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 2 tamaties, in ringe gesny

Smeer brood weerskante met botter. Verhit ‘n pan tot baie warm en braai brood weerskante tot goudbruin, sowat 3 minute per kant. Hou eenkant. Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot braaipan. Braai steaks sowat 1 minuut per kant of langer soos jy verkies. Meng jogurt, koljander en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Verdeel slaaiblare tussen 4 snye brood, gevolg deur tamaties.
Plaas gaar steaks bo-op en skep kruiejogurt oor. Plaas tweede sny brood bo-op. Sit warm voor met vars tamaties en slaai.

  • v6MDFk rjmmekykkbkd, [url=http://ooijnvpldlfl.com/]ooijnvpldlfl[/url], [link=http://bfqphemwnnox.com/]bfqphemwnnox[/link], http://bcxuaynsoicp.com/