10
Resepte

Steaks: Maak jou T-skyf só gaar

T-skyf

Dié snit is ’n kombinasie van sirloin en ribsteak, met die kenmerkende T-been wat die twee snitte skei. Geskik vir panbraai of oor die kole rooster. Gewoonlik die duurste steaksnit.

Maak dit só gaar

Marineer
Nee wat, die lewe is heeltemal te kort om ure voor die tyd vleis te marineer. As jy steak van goeie gehalte koop, is marineer glad nie nodig nie. Plaas die steak net voor jy dit braai in ’n plat bak en bedruip dit met olyfolie. Druk so een of twee suurlemoene se sap daaroor uit en geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

Panbraai
Verhit riffelpan tot vuurwarm. Braai
4 – 5 minute per kant vir halfgaar,
5 – 51⁄2 minute per kant vir medium- gaar,
6 – 7 minute per kant vir medium
en 7 – 8 minute per kant vir gaar.

Eet dít saam met jou T-skyf:

Béarnaise-sous