Resepte

Steaks: Só maak jy sirloin gaar

Sirloin

’n Beenlose snit vleis wat gekenmerk word aan die dik laag vet wat dit bedek. Die sirloin word uit die heup van die dier gesny. Vinnige gaarmaak- metodes is geskik, soos panbraai.

Maak dit só gaar

Marineer
Nee wat, die lewe is heeltemal te kort om ure voor die tyd vleis te marineer. As jy steak van goeie gehalte koop, is marineer glad nie nodig nie. Plaas die steak net voor jy dit braai in ’n plat bak en bedruip dit met olyfolie. Druk so een of twee suurlemoene se sap daaroor uit en geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

Panbraai
Verhit riffelpan tot vuurwarm. Braai
4 – 5 minute per kant vir halfgaar,
5 – 51⁄2 minute per kant vir medium- gaar,
6 – 7 minute per kant vir medium
en 7 – 8 minute per kant vir gaar.

Eet dít saam met jou sirloin:|
Kruiebotter-sous