FOTO Donna Lewis

SARIE KOS OKT/NOV 2012

FOTO Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Tacos met 8-uur-varkvleis

8 – 12 porsies

• 60 ml olyfolie
• 1,25 kg ontbeende varkboud
• 2 uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, gekap
• 200 g tamatiepasta
• 1 x 400 g-blik tamaties
• 750 ml rooiwyn
• 45 ml gerookte paprika
• hand vol origanum, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 12 tacos
• 2 salsas van jou keuse

Verhit oond tot 110 °C. Verhit olyfolie in ’n middelslagpot. Plaas varkboud velkant na onder in pot en braai vir sowat 5 – 8 minute tot goudbruin. Haal uit pot. Voeg uie en knoffel by en braai vir sowat 3 – 5 minute tot goudbruin. Sit varkboud terug in pot. Voeg tamatiepasta, blik tamaties, rooiwyn, paprika en origanum by. Geur goed met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en haal van plaat af. Plaas deksel op pot en plaas oornag in warm oond – sowat 8 uur. Verwyder gaar boud uit sous en gebruik ’n vurk en trek vark in growwe stukke. Gooi klein bietjie van potsous by vleis tot lekker klam mengsel. Verhit tacos in warm oond volgens aanwysings op pak. Skep warm varkmengsel in tacos en sit voor met salsa van jou keuse.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.