6 uur tuis, eet half 7

Tagliatelle alfredo

30 minute – 4 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 4 sprietuie, in skyfies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g ham, in blokke gesny
  • 250 g sampioene, in kwarte gesny
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 400 g tagliatelle-pasta
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die sprietuie en knoffel daarin vir sowat 3 minute. Voeg die ham en sampioene by. Braai vir sowat 10 minute tot die sampioene sag is. Gooi die room by en laat oop kook vir sowat 15 minute tot die sous verdik. Geur met sout en swartpeper. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak en dreineer dit. Meng die pasta met die sous en sit voor met gerasperde pecorino-kaas.