Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Kosstories

Tamatie-en-avokadoworsrol

Resep deur Bertus Basson

  • 2 groot tamaties, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 groot rooi-ui, fyngekap
  • 2 brandrissies, ontpit en fyngekap
  • 50 ml olyfolie
  • 3 suurlemoene se sap
  • sout en fyngemaalde swartpeper
  • 3 ryp avokado’s
  • 20 g gekapte koljander
  • 20 g vars koljanderblare
  • worsie en broodjie van jou keuse

Tamatiesalsa
Meng die tamatieblokkies, gekapte rooiui, 1 gekapte brandrissie, die olyfolie en sap van 1 suurlemoen. Geur die salsa met sout en swartpeper.

Avokado-puree
Skep die avokado uit in ’n voedselverwerker. Voeg die gekapte koljander, 1 gekapte brandrissie en die sap van 2 suurlemoene by en meng tot glad.

Samestelling
Sit die worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie. Sit die avokadopuree in ’n spuitsak en spuit dit in die lengte af aan die een kant van die worsie. Skep die salsa aan die ander kant. Garneer met die vars koljanderblare.